Meer Oor Agra Prop

Wie is Agra Prop?
Daar het 'n behoefte ontstaan by Agricor se kliënte dat hulle ook landbou eiendomme moet bemark saam met landbou toerusting.
Ons het 'n span van kundiges in die landbou eiendomsmark van regoor die land genader en ons het 'n gedugte span saamgestel wat bestaan uit rekenmeesters, prokureurs, 'n veilinghuis en Agricor se bestuur.
Almal is deskundiges in hul betrokke gebied met betrekking tot landbou.
Elke lid van die span het 'n passie vir landbou en sy produsente. Ons almal is deeltydse boere.
Ons bedien die hele Suid Afrika en het 'n voetspoor in elke provinsie.
Prinsipaal agent: Silvia Martens
Missie
Ons strewe daarna om die emosie uit die verkoop transaksie te haal en vir beide partye, die koper en verkoper, 'n wen-wen transaksie te beding.