STANDERTON 3015 Ha
Brakfontein, MPAANLYN VEILING Bel vir besonderhede prys
Die plaas sal verkoop word op ons Aanlyn Veiling Platform 24 Oktober 2024
Die plaas is 3015 Ha groot en bestaan uit
760 Ha lande,
110 Ha aangeplante weiding en die res
2145 Ha rooigras weiding.
Stap in en boer plaas.
Dit is 30km oos van Standerton geleë en bestaan uit 12 titelaktes.
Beskrywing
Die is ‘n lekker groot eenheid wat selde in die mark kom. Alles is in puik toestand en geen geld hoef gespandeer te word nie. Die heinings is baie goed en daar is stewige lekbakke in alle kampe. Die drakrag is 3 GVE.
Daar is 760 turf lande wat huidiglik verhuur word. (inligting sal verskaf word op navraag)
Moontlikheid van 'n windturbine opwekkingseenheid. (onderhandelinge al reeds vêr gevorder.)
Infrastruktuur
- 2 X Woonhuise
- Kantoor
- 2 X Groot oop store
- Werkwinkel met buite store
- Veehanteringsfasiliteite
- Skaapvoerkraal
- Wildskamp
Water
- Daar is genoeg water wat voorsien word uit 13 boorgate toegerus met windpompe en sonpompe. 3 Boorgate wat nie toegerus is nie.
- 19 gronddamme
- 3 nuwe sinkdamme
- Geboude waterkrippe in alle kampe.
- Spruit wat deur gedeelte van plaas loop
BTW
- BTW moet by die verkoopsprys gevoeg word
Eskom
- 3 fase Eskom krag by die 2 opstalle